Die SKA-teleskope

Radiosterrekunde vir die volgende generasie

Die SKA-teleskope versit die grense van radiosterrekunde: twee wêreldleidende, komplementêre radioteleskope op twee kontinente, wat 'n rewolusie in ons begrip van die heelal en die wette van fundamentele fisika teweeg sal bring.

Die teleskope se name weerspieël die twee verskillende frekwensie-reikwydtes wat hul waarneem. SKA-Mid, 'n versameling van 197 tradisionele skottelantennas, word in Suid-Afrika se Karoo-streek gebou, terwyl SKA-Low se 131,072 kleiner antennas wat soos Kersboompies lyk in Wes-Australië op die tradisionele grond van die Wajarri Yamaji gebou word. Die versamelings is oor groot afstande versprei, met die verste antennas wat 150 km in Suid-Afrika en 74 km in Australië van mekaar af gebou word.

Met behulp van die nuutste tegnologie, insluitend sommige van die vinnigste superrekenaars ter wêreld, sal die teleskope dit moontlik maak om die heelal in voortreflike besonderhede te bestudeer. Die instrumente sal openbaar hoe sterrestelsels inmekaar steek, ons help om die uiterste toestande rondom swart gate beter te verstaan, die deinings van swaartekraggolwe te bespeur en heelwat ander ambisieuse wetenskaplike projekte moontlik te maak.

Klik hieronder om die twee teleskope in detail te verken.

Die teleskope se liggings

Om radiostilte in die suidelike halfrond te vind.

Hoe interferometrie werk

Waarom ons 'n versameling antennas pleks van 'n groot struktuur gebruik.